Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 8 MAART 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag

AFRIKA ALLE MODUSSE INTERNASIONALE DX KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

BHF EN UHF KOMPETISIES BEVORDER AMATEUR RADIO

5 MHZ AKTIWITEIT NAWEEK

en

SARL@HOME BESPREEK DX EN KOMPETISIES

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.

** Die Afrika Alle Modusse Internasionale DX kompetisie is nuut op die kompetisie kalender en lok die aandag van die DX gemeenskap. Die kompetisie is op die lug vir 24 uur en begin om 12:00 UTC op Saterdag 14 Maart en eindig om 12:00 UTC op Sondag 15 Maart. Jy kan gelykgolf, foon en/of RTD op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter werk en die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag gevolg deur 'n inkrementele reeksnommer wat by 001 begin. Jy kan enige DX entiteit werk, maar let daarop dat QSOs met Afrika entiteite 10 punte tel en alle ander QSOs 1 punt tel.

Dit is 'n ideale geleentheid om Afrika entiteite vir jou All Africa-toekenning te werk. Lees alles oor die kompetisie op bladsy 50 van die 2015 Blou boek, besoek ook www.africadxcontest.org/index.html

** Alle BHF en UHF kompetisies het 'n gemeenskaplike doel en dit is om bestaande afstand rekords te breek, die verbetering van die radio toerusting en Yagi antennas aan te moedig, asook om meer te leer oor voortplanting toestande. Om BHF en UHF kompetisies gereeld dwarsdeur die jaar te doen, kan meer aktiwiteit inspireer op die 50, 70, 144, 432 en 1 296 MHz bande op beide analoog en digitaal en veral om die jonger geslag aan te moedig om ’n belangstel in VHF aktiwiteit te ontwikkel. Na alles, sal die toekomstige radio kommunikasie gekonsentreer word op hierdie frekwensies of hoër en bandwydte word 'n groter prioriteit.

Daar is tans drie groot BHF/UHF kompetisies in Suid-Afrika, hulle is die PEARS Nasionale BHF/UHF kompetisie in die somer, gedurende Januarie; die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF kompetisies in die herfs, gedurende Maart, en weer in die lente, gedurende September, met verskillende voortplanting toestande gedurende die jaar. Dit word aanbeveel dat BHF amateurs hierdie spesiale kompetisies ondersteun, wat kan help om amateur radio wetenskap te bevorder. Die volgende Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF kompetisie is geskeduleer vir 21 en 22 Maart 2015. Wend asseblief 'n poging aan om dit te ondersteun.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga 5 MHz aktiwiteit naweek sal gehou word op 28 en 29 Maart. Die eerste tydgleuf is elke dag van 06:00 tot 08:00 Sentraal Afrika Tyd met die tweede tydgleuf van 18:00 tot 22:00 Sentraal Afrika Tyd. Dit is 'n ESB aktiwiteit op 5 260 KHz en is slegs oop vir Radioliga-lede

Deelname sertifikate vir die September 2014 5 MHz aktiwiteit naweek word verwerk en sal per e-pos gestuur word aan deelnemers. 'n Onlangse rekenaar problem het egter die proses vertraag. Gelukkig is harde kopieë van die logstate beskikbaar. Die sertifikaat sal per e-pos gestuur word in PDF formaat.

** Die volgende SARL@Home sal 'n aanbieding oor DX en kompetisies wees en sal gehou word om 10:00 sentraal Afrika tyd op Saterdag 28 Maart by die Nasionale Amateur radiosentrum. Chris Burger, ZS6EZ, gaan die aanbieding doen en jou vrae beantwoord. Daar is nie baie mense in die wêreld wat die kennis en praktiese ervaring van DX en kompetisies het as wat Chris het nie. Om hierdie insiggewende aanbieding te kan by woon, kontak die kantoor op 011 675 2393 om u bywoning te bevestig of stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga QSL-buro hanteer 60 000 kaarte per jaar. QSL Bestuurder, Willem Weideman, ZS6X, rapporteer dat die QSL-buro jaarliks meer as 60 000 kaartjies hanteer. Die buro is 'n gratis diens aan lede, maar volume voorwaardes geld.

Tydens verslagdoening aan die Suid-Afrikaanse Radioliga Raad verlede naweek, het hy gesê dat die QSL-buro 'n groot aantal kaarte het vir amateurs wat nie lede van die liga is nie. QSL kaarte kan geëis word deur 'n e-pos aan zs6wwj@gemail.com te stuur. Hy het gesê dat alhoewel hy e-posse uit gestuur het aan die nie-lede vir wie die QSL-buro kaarte hou, was daar min reaksie. Die kaarte kan nie onbepaald gestoor word nie, dus het die liga 'n sperdatum vir 30 November 2015 waarna onopgeëiste kaartjies oor besluit sal word. Lede ontvang kaarte op 'n gereelde basis.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is van A S Boldireff-Strzeminski, ZS1ADV, and Lambertus Martheuns van Rooyen, ZSL1137 ontvang.

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Sekretaris voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin bereik. Die lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga staan tans op 1 623 lede en 36 geaffilieerde klubs

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga 2015 Blou boek is nou beskikbaar in web-formaat by www.zs4bfn.co.za/bluebook.asp. Hierdie is nog net ’n probeer slag.

** Om middernag vanaand is die sluitingstyd en datum om jou Hamnet 40 meter kompetisie logs in te dien. Stuur jou log aan contest@peham.co.za.

** Daar sal baie gelykgolf aktiwiteit op die bande volgende naweek wees met die RSGB Gemenebes kompetisie. Ook bekend as die BERU kompetisie, dit is op die lug vanaf 10:00 UTC op Saterdag 14 Maart tot 10:00 UTC op Sondag 15 Maart met aktiwiteit op 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Jy sal al die inligting vind op www.rsgbcc.org/hf/rules/2015/rberu.shtml

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se BHF/UHF kompetisie is vanaf 10:00 UTC op Saterdag 21 Maart tot 10:00 UTC op Sondag 22 Maart 2015 op die lug met deelname as 'n basisstasie, 'n veld-stasie, 'n klub/multi-operateur-stasie of 'n stasie met 'n 4 uur beperking. Dit is vir gelykgolf, ESB, FM en digitale modusse op 6, 4 en 2 meter, 70- en 23 cm en hoër. Al die inligting is op bladsy 26 van die 2015 Blou boek beskikbaar by www.zs4bfn.co.za/bluebook.asp.

** In die voortplanting verslag, berig Hannes Coetzee, ZS6BZP, dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak vlak laag gaan wees. Daar is tans slegs twee sonvlekke sigbaar. Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 57 vir diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Die nuus span is op soek na vrywilligers wat behulpsaam kan wees met die opstel asook opneem van bulletins. Ons ondervind tans 'n tekort aan persone wat kan help met die Engelse bulletins in besonder. Kontak asseblief vir Dawie, ZR6DHC, by zr6dhc@zs6rtb.co.za indien jy kan help in hierdie verband.

En nou het die dagboek van gebeure

Vandag is die laaste dag om jou Hamnet 40 meter logstate te kan indien.
14 en 15 Maart - Afrika Alle Modes Internasionale DXCC kompetisie en die RSGB Gemenebes kompetisie
21 en 22 Maart - Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF kompetisie
28 Maart - SARL@Home oor DX en kompetisies
28 en 29 Maart - 5 MHz aktiwiteit naweek en die CQ WPX ESB kompetisie
9 April - laaste dag om vir die Mei RAE te registreer
11 April – Opedag vir die 2015 Stars of Sandstone

Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoof nuusberig.

Die Afrika Alle Modusse Internasionale DX kompetisie is nuut op die kompetisie kalender en lok die aandag van die DX gemeenskap. Die kompetisie is op die lug vir 24 uur en begin om 12:00 UTC op Saterdag 14 Maart en eindig om 12:00 UTC op Sondag 15 Maart. Jy kan gelykgolf, foon en/of RTD op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter werk. Dit is 'n ideale geleentheid om Afrika entiteite vir jou All Africa-toekenning te werk. Besoek www.africadxcontest.org/index.html

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel, nie later nie as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003